Nothing found
Subscribe to email updates on your search:
Graskop, Commercial sale
Die 3501 hektaar plaas gelee op die R356 tussen Ceres en Sutherland, ongeveer 130-kilometer vanaf Ceres en 70-kilometer vanaf Sutherland en 100-km vanaf die N1 by Matjiesfontein. Die plaas is gelee in die Wes-Kaap Provinsie. Die Oostelike grens van die plaas vorm ook die Oostelike grens van die Wes-Kaap met die Noord-Kaap. AKTEBESKRYWING: Indien Koper ook BTW geregistreer is mag dit moontlik wees om teen 'n Nul koers BTW te hef as die plaas as 'n lopende saak verkoop word. Die Brakrivier loop vir ongeveer 10 kilometer oor die plaas met 5,5 kilometer in die wildkamp. Die rivier is omsoom met soetdoringbome en kareebome met taaibos wat ook volop voorkom. Die algemene plantdigtheid op die plaas is besonder goed. Gemiddeld reenval in die orde van 240mm per jaar. Die rivier kom elke jaar verskeie male af en met goeie reenval. Die R356 loop oor die plaas. Twee van die omgewing se bekendste koppe is op die plaas, Gifkop en Tafelkop beide ongeveer 1,100 meter bo see-spieel. Die woonhuis is gelee op 640 meter. Die grensdraad loop vir die grootste deel van die lengte op die waterskeiding van Tafelkop en Graskop na die noorde en Waterberge aan die suidekant. Al die koppe het verskeie aflope na die rivier met die mooiste rotsformasies en plantegroei. Daar is rofweg 50 stap/klimbare klowe. VERBETERINGS: Woonhuis: Oop plan sitkamer (met vuurherd), eetkamer en kombuis; twee dubbelslaapkamers en een enkelslaapkamer, badkamer met bad, badkamer met stort, afsonderlike toilet, onderdak stoepe, swembad, bakoond met braai. Muisbosskerm met braai area. Stoor ens: Stoor (250 vk.m), motorhuis, stoorkamer, slaghuis, onderdak douhok, skaapkraal met dip, perdering. Beeskraal met onderdak gedeelte en laaibank. Sonkrag: Sonpaneelstelsel (6 panele, 12 batterye) wat alle geboue van 220volt voorsien. 12volt sonpaneelstelsel (een paneel, 2 batterye); gasstoof en gasgeyser by huis. Addisioneel: DSTV Televisieskottel, Satelliet telefoon en internet skottel met toerusting, geslote baan kamera en buzzer wat hek in huis en werkershuis op rekenaar vertoon. Watervoorsiening: Huis area: Boorgat met windpomp en sonpomp wat ook drie werkershuise, Boskamp en ses suippunte voorsien. Druppbesproeiing om huis. Drie 5,000 liter tenke, twee, 2,500 liter tenke by huis. Werkershuise: drie werkershuise met elkeen twee vertrekke met afsonderlike badkamer (stort) en toilet. Almal voorsien van 12volt sonkrag en lopende water. Boskamp: Gelee 2 kilometer van woonhuis in wildkamp bestaande uit houtstrukture - vier slaapkamers, stort, toilet, spens, kombuisarea, braai. 2x5,000 liter tenks wat drinkwater en suiping voorsien. Water afkomstig van boorgat by woonhuis en 40mm pyp wat dit met windpompdruk voed. Historiese Kliphuis: drie vertrek huis met historiese waarde. Onbewoonbaar maar restoreerbaar. Waterbronne vir diere: Boorgat by huis voorsien suipbakke by skaapkraal, beeskraal, wildkamp (4), boma, Ngunikamp. Drie verdere windpompe elk met 2,500 liter Denel PVC tenk wat 'n totaal van 6 suipbakke/krippe voorsien. 'n Gronddam vang reenwater op maar huidige behoud van water nie goed nie. Benodig klei om te verdig. Wildkamp: Wildkamp van ongeveer 1,500 hektaar wat wildwerend 2,4 meter hoog omhein is met netdraad onder en 7 staaldrade bo. Ngunikampe: 5 kampe (ongeveer 2,000 hektaar) wat op buite grens met jakkalsproef omhein is. Twee kampe met jakkalsproef teen die pad, twee kampe met stockproof teen die pad en een kamp oop na die pad. DIERE Benewens kleinwild soos duikers, vaalribbokke, klipspringers en steenbokkies wat natuurlik daar voorkom, is die volgende wild (met aanteeld) ongeveer vyf jaar gelede gevestig: - 4 kameelperde (2 bulle en 2 koeie) - 11 elande - 12 gemsbokke - 2 rooi hartbeeste - Ongeveer 40 springbokke Daar is drie boerperde en Nguni beeste wat nie ingesluit is by die koopprys nie. Te koop as 'n lopende saak teen R5,250,000.00 indien die koper ook as 'n BTW ondernemer geregistreer is. Farm Property Type For Sale Listing Type R 5 250 000 Asking Price 3 Bedrooms 3 Bathrooms 0 Garages Living Rooms 0 m² Living Area 0 Price/m² Yes Staff Quarters Yes Swimming Pool
Western Cape Boland / Winelands Ceres
3 rooms
5,250,000 R
Yesterday at 5:10 PM
Moreimmoafrica.net