MERWEVILLE; OLD VICTORIAN HOUSE FOR SALE

Prince Albert, Central Karoo
MERWEVILLE - SENTRAAL KAROO: Baie sentraal geleë . 120 km vanaf Beaufort Wes, Laingsburg, Sutherland, Matjiesfontein, 80 km vanaf Prince Albert, 170km vanaf De Rust, 250 km vanaf Oudtshoorn, 400km vanaf Kaapstad. 'n Outydse Victoriaanse styl huis is nou te koop op hierdie heerlike klein plattelandse dorpie met ongeveer 60 huise waarvan ongeveer 22 swaeltjies is. Oorspronklike Titelakte dateer terug na 1904 en is nog in Hoog-Hollands opgestel. Erf met 32 enorme Namibiese doringbome gooi skadu oor die ongeveer 2700m2 grootte erf in die somer . Geleë aan die oewer van die rivier aan die agterkant van die huis wat totale privaatheid verskaf en 'n paar honderd treë van die een van twee winkels aan die anderkant. Parkeer jou motor in die garage en stap of ry fiets oral rond of gaan klim die omringende randjies. Pak 'n piekniekmandjie en 'n bottel wyn en gaan geniet die sonsondergang iewers in die veld. Ideale wegbreekplek vir 'n naweek of 'n paar weke. Heerlike weer gedurende Desember vir lekker familie Kersfeessaamtrekke. Ideaal vir jagvakansies of 4 x 4 ritte op van die omringende plase . Geen ander plek soos die Karoo om helder sterrenagte te beleef nie. Huis bestaan uit ruim kombuis/eetkamer , ruim sit/eetkamer, 5 slaapkamers, 1 vol badkamer, 'n noordestoep met ingeboude braai en 'n suide stoep, biltonkamer, motorhuis met stoorkamer. Heeltemal omhein. Goed instand gehou deur die jare. Oorspronklike oregon den vloere en plafonne, skuifvensters, vloerlyste, en vensterhortjies. Vir verdere besonderhede kontak Eienaar, tel. 083 66 33 080 of 028 316 1451.
2016/09/02, 5:52 PM gumtree.co.za
5 rooms
900 000,00 R
Subscribe to email updates on your search:
Houses for Sale in Merweville