Complain
6,500 R
2 rooms

2 Bedroom House in Shelly Beach

KZN South Coast Shelly Beach,KwaZulu Natal,Margate
Lovely Unit in Complex consisting of 2 Bedrooms, 2 Bathrooms, Kitchen, Lounge and Dining Area. Single Lock up Garage Communal Swimming Pool Rental Including Water and Pre-Paid Electricity Key Property Features 2 Bedrooms 2 Bathrooms 1 En-suite 1 Garages 1 Lounges Access Gate BIC Family Tv Room Kitchen Paving Pool Water Included
Complain
8,000 R
3 rooms

3 Bedroom House in Uvongo

KZN South Coast Uvongo,KwaZulu Natal,Margate
Lovely House consisting of 3 Bedrooms, 1 Bathroom with separate toilet, Spacious Lounge with high ceiling, dining area and open plan Kitchen. There is a Separate Garden Cottage consisting of open plan Kitchen and Lounge Area, Bedroom with Bathroom. Single Lock Up Garage Yard is Fully Fenced with Remote Access Gate. R8000 per month Excluding Water and Pre-Paid Electricity Key Property Features 3 Bedrooms 1 Bathrooms 1 Dining Areas 1 Garages 1 Lounges Access Gate Alarm BIC Family Tv Room Fenced Garden Garden Cottage Kitchen Patio Pet Friendly Storage
Complain
7,360 R
3 rooms

3 Bedroom House in Margate

KZN South Coast Margate,KwaZulu Natal,Margate
A spacious 3 bedroom house situated in Margate not far from the Margate library and hospital. The house has a large garden and a pool. The house can be accessed through the double garage. This place is perfect for a medium to large family. Call me today for a viewing Key Property Features 3 Bedrooms 3 Bathrooms 1 Dining Areas 3 En-suite 2 Garages 1 Lounges BIC Family Tv Room Fenced Garden Kitchen Pet Friendly Pool
Complain
630 R
1 room

Uvongo Cottage

Margate , South Coast (Ugu)
Dié moderne woonstel is nuut opgeknap en bied selfsorgverblyf in die kusdorp, Uvongo. Die eenheid skuil aan die oewer van die Uvongo-rivier en is naby die strand geleë. Uvongo Cottage bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n uitsig oor die rivier. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. 'n Slaapbank is in die sitkamer beskikbaar. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en daar is ander geriewe soos 'n swembad, TV, braai-area en veilige parkeerplek. Gaste kan doendinge soos swem, snorkel, visvang, branderplankry, voëlkyk, fietsry, voetslaan en gholf in die area geniet. Daar is ook 'n Jacuzzi op die perseel met plek vir 8 mense. Voorafbetaalde krag is wel gelaai, maar sou jy die Jaccuzzi gebruik, word jy asseblief versoek om self verdere "pre-paid" elektrisiteit te verskaf op jou eie onkoste. (Beskikbaar by Spar om die hoek) Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 45475 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
330 R
1 room

41 Seascape Lodge

Margate , South Coast (Ugu)
41 Seascape Lodge is in die gewilde vakansiedorp, Uvongo geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesinsvakansie. Die eenheid is naby verskeie winkels, restaurante en slegs 350 m van Uvongo se hoofstrand af. Die eenheid is ideaal vir 2 volwassenes en 2 kinders en is op die grondvloer geleë. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n gemaklike dubbelbed en 'n kleiner, tweede slaapkamer met 'n stapelbed. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, 'n toilet en 'n wasbak. Daar is oorgenoeg pakplek in die eenheid en die hoofslaapkamer het 2 hangkaste. Die kombuis is toegerus met alles wat gaste mag nodig kry vir selfsorg, soos 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en koffie- en teemaakgeriewe. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv wat beskikbaar is teen ekstra koste. Gaste kan ook hul eie dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saambring. Ongelukkig laat ons nie troeteldiere toe nie en rook is streng verbode in die eenheid. Daar is gerieflike braaigeriewe op die perseel en 'n netjiese, skoon swembad. Daar is kaartfasiliteite op die perseel vir gaste se gerief. Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 41120 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
1,500 R
1 room

Providence 25

Margate , South Coast (Ugu)
Providence 25 is 'n pragtige vakansiewoonstel in 'n kompleks in die kusdorp Ramsgate. Dié bekoorlike kusdorpie is 'n gewilde vakansiebestemming met talle goeie visvangplekke, 'n Blouvlagstrand en 'n strandmeer. Die woonstel is volledig gemeubileer en het slaapplek vir 2 gaste in 1 slaapkamer met 'n en suite-badkamer en 'n oopplan-leefarea en -kombuis. Die slaapkamer beskik oor 'n Konings grootte bed met extra lengte en die badkamer het groot stort. 'n Aparte gaste-toilet is ook beskikbaar. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster en 'n ketel. Die oopplan-leefarea het 'n TV met DStv en dit lei na 'n balkon met 'n eetkamertafel en 'n uitsig oor die strandmeer. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Ramsgate bied talle doendinge soos swem, bootvaarte, visvang, gholfspeel, voetslaan, skubaduik, voëlkyk en perdry. Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 35482 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
775 R
3 rooms

Bondi Beach Unit E

Margate , South Coast (Ugu)
Bondi Beach Unit E bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol gemeubileerde woonstel op die middelste vloer in 'n seefront-kompleks in Shelley Beach. Die kompleks spog met direkte toegang tot die strand en vermaakgeriewe, soos die swembad, tennisbaan en 'n klubhuis. Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Daar is 2 slaapkamers met dubbelbeddens en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei badkamers het storte en een van badkamers het ook 'n bad. Die woonstel het plafonwaaiers in die leefarea en in die slaapkamers. Die kombuis is met 'n oond, stoof, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met beperkte DStv-kanale. Gaste het toegang tot gasbraaigeriewe buite. Die kompleks is gerieflik geleë, net 2,5 km van die South Coast Mall en Shelly Centre af. Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 60174 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
1,190 R
3 rooms

La Corsica

Margate , South Coast (Ugu)
La Corsica is langs 'n skilderagtige kuslaan wat gewild is onder stappers, drawwers en fietsryers. Dis net 1,5 km vanaf Uvongo Beach, 'n strand met haainette, lewensredders, 'n getypoel, roomyswinkel, restaurante en 'n gerestoureerde visvangpier. Die kompleks is in 'n pragtige tuin met 'n swembad en netjiese braai-areas met plaveisel en beligting. Dié bekostigbare duplekswoonstel is op die eerste verdieping en bied 'n pragtige uitsig oor die tuin, swembad en see. Daar is 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste altesaam. 2 van die kamers het dubbelbeddens en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer is bo en het 'n bad en aparte toilet. Die tweede badkamer is onder en het 'n stort. Die kombuis het 'n wasmasjien, yskas, oond, stoof en mikrogolf. Die oopplan-sitkamer het 'n TV en eetarea. Skuifdeure bied toegang tot 'n groot balkon met 'n seildak wat kan ooptrek. Die kompleks het afstandbeheerhekke en die woonstel het 1 onderdakparkeerplek. 'n Ekstra parkeerplek vir 'n sleepwa is ook beskikbaar. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie bad- en swemhanddoeke bring. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is op versoek teen ekstra koste beskikbaar. Die woonstel word voor aankoms skoongemaak en van 'n beperkte hoeveelheid toiletpapier, badseep en skottelgoedseep voorsien. 'n OpenView HD-dekodeerder met beperkte satellietkanale is beskikbaar, of gaste kan hul eie DStv-dekodeerder en slimkaart bring, of dit huur. Explora-dekodeerders word egter nie ondersteun nie. Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 57846 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
550 R
2 rooms

Seeskulp 2

Margate , South Coast (Ugu)
Seeskulp 2 is 'n gerieflike selfsorgwoonstel in die veilige Seeskulp-kompleks. Dit is stapafstand van Uvongostrand af. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad. Die woonstel kan tot 6 gaste akkommodeer. Daar is 2 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed (ideaal vir 2 kinders). Die tweede badkamer het 'n bad, toilet, en wasbak. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, wasmasjien en skottelgoedwasser. Die sitkamer het 'n groot platskerm-TV. Die leefarea lei na 'n patio met ingeboude braaigeriewe en see-uitsigte. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Daar is wonderlike geriewe en doendinge in die omgewing. Gaste kan lekker middagete by Mac Banana geniet. Daar is verbalskiet, Deli & Bakkery, Mac Fish, spesialiteitswinkels, voëlkyk, 'n klimraam en speelarea vir kinders, 'n skoenlapper-koepel, en ponierritte. Op dieselfde pad na Port Edward is die Wild Coast Sun Casino. Eilandmeer is 'n wonderlike plek om die natuur te beleef. Pure Venom is op die Izotha-pad naby Shelly Beach. Dié plek is ideaal vir kinders, daar is verskeie slange en kinders kan leer oor die gevare van slange. Shelly Beach bied visvang, diepsee swem en bootry by Must-byt aan. Pistols Saloon is net verby Ramsgate, dit bied aandete en is ideaal vir volwassenes. Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 35624 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
675 R
2 rooms

Tomeros 64

Margate , South Coast (Ugu)
Tomeros 64 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in die kusdorp Uvongo, aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Die eenheid bied slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders in 'n tweeslaapkamerwoonstel. Dié woonstel het 'n ruim balkon met gedeeltelike see-uitsigte. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n slaapbank in die sitkamer beskikbaar. Die tweede badkamer het 'n bad. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, stoof, ketel en kooktoebehore. Ekstra geriewe sluit 'n gasbraaier, TV en plafonwaaiers in. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en 'n braai-area, en gaste het parkeerplek in 'n toesluit-motorhuis. Besienswaardighede in die omgewing sluit Margate Buiteklub, Skyline Natuurreservaat, Butterfly Valley, Crocworld-bewaringsentrum en Margate-strand in. Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 39660 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
430 R
2 rooms

Sunset Cove 1

Margate , South Coast (Ugu)
Sunset Cove 1 is 'n ten volle gemeubileerde selfsorg-woonstel in die veilige Sunset Cove-kompleks in Manaba-strand naby Lucien-strand met 'n haainet en lewensredders. Daar is ook 'n getypoel. Die kompleks is naby verskeie winkels, restaurante en kroeë in die omgewing. Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is 'n ontbyttoonbank met sitplek vir 4 gaste en die leefarea bied toegang tot 'n balkon met gedeeltelike see-uitsigte. Sunset Cove het 'n gemeenskaplike swembad, plonspoel vir kinders en 'n braai-area. Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 51530 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
726 R
3 rooms

Laguna La Crete 64

Margate , South Coast (Ugu)
Laguna La Crete 64 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Beacon Rocks, Uvongo. Dié kompleks is naby die Uvongo-swemstrand en ander trekpleisters in die area. Dié woonstel is op die eerste verdieping en het slaapplek vir 4 volwassenes en 4 kinders. Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede kamer het ook 'n dubbelbed en die derde kamer het 2 stapelbeddens vir 4 kinders. Elke kamer het 'n plafonwaaier. Die tweede badkamer het 'n stort en 'n bad. Die kombuis het 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof en 'n skottelgoedwasser. Die sitarea het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste kan hul eie dekodeerder en slimkaart saambring, maar dis nie geskik vir Explora-dekodeerders nie. Die leefarea lei na 'n balkon met 'n gasbraai. Die kompleks bied ook 'n swembad, braaigeriewe, 'n klubhuis, tennisbaan en veilige onderdakparkeerplek. Dis ook minder as 6 km vanaf Hibiscus Mall, Margate-hoofstrand, Shelly Centre, restaurante en 'n skilderagtige rit vanaf ander trekpleisters aan die Suidkus. Available From: 08/02/2019 Furnished Property Reference #: 57340 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
650 R
2 rooms

Laguna La Crete 187

Margate , South Coast (Ugu)
Laguna La Crete 187 is 'n selfsorgwoonstel en in die veilige Laguna La Crete-kompleks geleë, met 'n pragtige uitsig oor die see. Die kompleks is aan die oewer van die iVungurivier wat uitmond in die see en bied direkte toegang tot die bekende Uvongo-strand en visvangpier. Dié woonstel is op die tweede verdieping geleë en het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is ’n slaapbank in die sitarea. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is ten volle toegerus en het 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n ontbyttoonbank met stoele. Die sitkamer het gemaklike meubels en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste is welkom om hul eie dekodeerder en slimkaart saam te bring. Die sitkamer bied toegang tot 'n balkon met 'n tafel en stoele en het 'n gasbraai wat gaste kan benut. Daar is veilige onderdakparkeerplek beskikbaar vir 1 voertuig en addisionele parkeerplek is ook beskikbaar. Die kompleks bied gemeenskaplike wasgoedgeriewe met muntmasjiene, 'n pragtige swembad met 'n onthaalarea, tennisbaan en 24 uur-sekuriteit by die hoofingang. Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 52150 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
453 R
2 rooms

Laguna La Crete 176

Margate , South Coast (Ugu)
Laguna La Crete 176 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Beacon Rocks, Uvongo. Die kompleks is naby Uvongo se swemstrand en ander besienswaardighede in die omgewing. Die woonstel is op die eerste verdieping en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer met slaapplek vir 4. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers deel 'n badkamer wat 'n stort, bad, wasbak en toilet het. Elke kamer het ook 'n plafonwaaier. Die oopplan-kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof, en ander toebehore. Die sitkamer langsaan het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet asb. hulle eie dekodeerder en slimkaart saambring. Ongelukkig is daar nie 'n Explora-koppelpunt nie. Die leefarea lei na 'n balkon met gasbraaigeriewe. Die kompleks spog ook met 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, klubhuis, tennisbaan en veilig en onderdakparkeerplek vir voertuie. Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 57161 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
976 R
3 rooms

Shepstone Road

Margate , South Coast (Ugu)
Dié selfsorghuis is ideaal vir gesinne of ’n groep vriende, en is nie vêr van die strand af nie. Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -leefarea asook ’n tweede leefarea. Die eerste en tweede slaapkamers het elk ’n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en het ’n aparte opwaskamer en waskamer. Die eetarea het ’n etenstafel met plek vir 6 gaste. Die leefarea lei na ’n tuin met ’n braaiarea. Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 57767 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
1,100 R
3 rooms

Santorini 307B

Margate , South Coast (Ugu)
Santorini 307B is in Oslo Beach, Margate geleë en bied gehalte-vakansieverblyf vir ’n gesin of groep vriende. Dis binne maklike bereik van verskeie gewilde strande, winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede. Die huis het 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het lugversorging en ’n koninggrootte-bed, die tweede kamer het ’n koningingrootte-bed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 aparte badkamers, waarvan een ’n stort het en die ander een ’n hoekbad en stort het. Die kombuis is toegerus met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, skottelgoedwasser, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike banke en ’n groot platskerm-TV met DStv, en die eetarea het oorgenoeg sitplek. Daar is ’n onderdak-kroegarea met braaigeriewe en ’n manjifieke uitsig. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel. Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 57841 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
626 R
2 rooms

Santana 804

Margate , South Coast (Ugu)
Santana 804 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Margate. Dit het 'n asemrowende see-uitsig vanaf die balkon en die meeste kamers. Dié woonstel is op die agtste verdieping. Dit het slaapplek vir 2 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 stapelbeddens vir 4 kinders en maak gebruik van 'n tweede badkamer met 'n stort. Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, 'n oond en 'n stoof. Die leefarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en bied toegang tot die balkon. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, 'n restaurant, 'n skoonheidsalon, wasgoedgeriewe en veilige onderdakparkeerplek. Boonop is die kompleks naby Margate North Beach en besienswaardighede in die omtrek. Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 58322 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
2,160 R
4 rooms

Periwinkle 1

Margate , South Coast (Ugu)
Periwinkle 1 is 'n moderne selfsorgwoonstel op 'n heuwel rég langs Ramsgate se Blouvlag-swemstrand. Die heuwel is langs Ramsgate se Walvisdek en bied 'n pragtige uitsig oor die strand en see. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, ingeboude kaste, 'n spieëltafel en skuifdeure wat lei na 'n veranda met 'n pragtige uitsig oor die see en getypoel. Die tweede slaapkamertjie het 1 enkelbed met 'n verskeidenheid speelgoed vir kindertjies, asook 'n branderplank, lyfplanke, paddavoete van verskillende groottes, 'n waterglybord en meer! Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens, ingeboude kaste en 'n spieëltafel. Die vierde slaapkamer het 1 enkelbed, ingeboude kaste en 'n spieëltafel. Die eenheid het 2 badkamers wat gedeel word, een met 'n stort en aparte toilet met 'n wasbak, en die ander badkamer het 'n bad, wasbak en toilet. Linne, asook bad- en swemhanddoeke word voorsien. Daar is 'n stoorkamer met 'n ysmasjien, SodaStream en waterfiltreerder. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met alle eetgerei, kookgerei, breekware, 'n yskas-vrieskas, stoof en oond, ketel, broodrooster, koffiemasjien en ekstras soos 'n mengmasjien. Daar is 'n ontbytkroeg, asook 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 gaste. Die eetkamer het skuifdeure wat lei na 'n klein balkon. Die sitkamer het gemaklike banke, talle boeke, bordspeletjies en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet asb. hul eie dekodeerder en slimkaart saambring. Dié sitkamer het skuifdeure wat lei na die groot veranda met 'n lang tafel wat sitplek het vir 12 gaste, daar is ook 'n gasbraai. Buite is daar ook 'n houtdek, asook 'n gemeenskaplike sout-swembad, 2 buite storte en swembadkamer met 'n tafel, bank en yskas. Dié gemeenskaplike swembadkamer het ook 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. 'n Toesluitmotorhuis met veilige parkeerplek is vir 1 voertuig beskikbaar en word bereik deur 'n afstandbeheerhek. Die perseel het sy eie watertoevoer en maak gebruik van 2 watertenke. Die strand en getypoel is 'n paar meter se stap van die woonstel af. Die woonstel bied direkte toegang tot die strand en die Walvisdek-uitkykpunt. Doendinge en besienswaardighede in en om die omgewing sluit perdry, swem, voël- en walviskyk, fietsry, begeleide wandelpaaie, lyf- en branderplankry, asook trapbootjies en roei op die strandmeer in. Daar is verskeie restaurante in die omgewing, soos The Waffel House, Blue Lagoon, Crayfish Inn en Lobster Pot. Die woonstel is stapafstand vanaf antieke winkels, die BP-diensstasie met 'n winkeltjie, 'n drankwinkel en 'n kroeg. Die Hibuskus Mall, Wildekus Kasino, Red Desert, Beaver Creek Coffee, Shelly Beach Mall, Oribi Gorge Natuurreservaat, Sanlameer-gholfbaan, Spar en Mac Banana is slegs 'n endjie se ry vanaf die woonstel. Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 14991 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
320 R
1 room

Seascape Lodge 21 Uvongo

Margate , South Coast (Ugu)
Seascape Lodge 21 Uvongo is aan die Suidkus geleë en is die perfekte vakansiebestemming in Uvongo. Ons bied die ideale verblyf vir jou volgende gesinswegbreek. Dié klein, knus selfsorg-eenheid is in 'n kompleks met 'n gemeenskaplike swembad geleë. Daar is 'n dubbelbed, enkelbed en 'n stapelbed met 'n dubbelbedmatras onder en 'n enkelbedmatras bo, so dis perfek vir 'n gesin van 6. Die eenheid beslaan 41 m² en het 'n braai-area. Dit is 800 m vanaf Uvongo-strand en ongeveer 4 km vanaf Margate. Dié eenheid het ongelukkig nie see-uitsigte nie. Daar is 'n KwikSpar en seekos-restaurant oorkant die pad wat sommer te voet bereik kan word. 'n Plaaslike kroeg en eetplekkie is net 'n paar kilometer van die kompleks af en jy kan die golwe hoor, maar nie van die eenheid af sien nie. Neem asseblief kennis dat geen troeteldiere toegelaat word nie. Moet asseblief nie op 'n Sondag in te klok nie omdat niemand beskikbaar is om vir jou die eenheid se sleutels te gee nie. Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 19435 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
1,220 R
3 rooms

Glyndale Sands 502

Margate , South Coast (Ugu)
Glyndale Sands 502 is 'n gemeubileerde selfsorgwoonstel in die veilige Glyndale Sands-kompleks in Uvongo, nie ver van die strand af nie en naby talle winkels, restaurante en geriewe. Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste in 3 slaapkamers en het 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en lei na die balkon. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, en 'n ontbytkroeg met sitplek. Die leefarea het lugversorging, 'n ingeboude kroeg en 'n platskerm-TV. Die leefarea lei na 'n ruim balkon met 'n etenstafel en ingeboude braaigeriewe. Die Glyndale Sands-kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe, en veilige parkeerplek word op die perseel aangebied. Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 54717 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
750 R
3 rooms

Martheo 15

Margate , South Coast (Ugu)
Martheo 15 is in Lawrence Rocks, Margate, en bied gehalte-verblyf. Dit is ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende. Die verblyf is naby verskeie winkels, restaurante, strande, doendinge en besienswaardighede. Dié woonstel beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste op 'n slag. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die sitkamer het het gemaklike sitplek en 'n TV, en die eetarea het heelwat sitplek. Daar is lieflike braaigeriewe en veilige parkeerplek in 'n toesluit-motorhuis is op die perseel beskikbaar. Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 41282 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
760 R
3 rooms

Margate Granada 104

Hibiscus Coast , South Coast (Ugu)
Hierdie moderne woonstel is in die hart van Margate en in die middel van die aksie geleë, 'n klipgooi van Margate se hoofstrand af en tussen 'n rits restaurante, kroeë, nagklubs en kelkiekroeë. Gratis, onbeperkte WiFi beskikbaar. Die ten volle toegeruste eenheid het 'n groot balkon met see, strand en rivier-uitsig. Private ingeboude houtbraai en patio-stel met sitplek vir 6. Hoofslaapkamer met koningingrootte-bed, TV en 'n en suite-badkamer. Spaarkamer met 2 enkelbeddens en TV. Strykplank en yster. Volledige badkamer met ovaalbad, stort, toilet, wasbak en wasmasjien. Gaste kan hulle klere op hul eie privaat wasgoedlyn hang. Ten volle toegeruste kombuis met skottelgoedwasser, mikrogolf, yskas en vrieskas. Twee dubbelslaapbanke in die sitkamer met TV, DVD-masjien en eetkamertafel met 6 sitplekke. Twee lugversorgers. Volledige Explora DStv Extra View. Twee veilige parkeerplekke. 50 meter vanaf die hoofstrand (Wimpy). Naby alle restaurante, gimnasium, apteek, ens. Eie swemhanddoeke. Rook is verbode in die eenhede! Daar is 'n groot balkon waar gaste kan rook. Geen studente word toegelaat nie. Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 5490 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
590 R
2 rooms

Eden Dunes 58

Margate , South Coast (Ugu)
Eden Dunes is 'n lieflike woonstel met see-uitsigte. Dit is in 'n veilige kompleks teen Shelly-strand geleë. Die kompleks is ook reg agter Shelly Mall met al sy restaurante, winkels en 'n bioskoop. Die woonstel bied slaapplek vir 4. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers (1 is en suite). Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed met 'n pragtige uitsig oor die oseaan. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat opgemaak kan word as 'n koninggrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n bad met 'n handstort, 'n toilet en 'n wasbak. Die gastebadkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die woonstel bied 'n ten volle toegeruste oopplan-kombuis met 'n stoof, oond, yskas, vrieskas, mikrogolfoond, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Daar is ook 'n ontbythoekie met 6 stoele. Die oopplan-sitkamer het 2 gemakstoele en 'n rusbank met 2 sitplekke. Daar is ook 'n platskerm-TV met DStv. Daar is plafonwaaiers in die sitkamer en in beide kamers. Die sitkamer lei na 'n beskutte balkon met stoepmeubels. Alle linne, duvets en kussings word voorsien. Bring asb. jou eie badhanddoeke, swemhanddoeke en toiletware saam. 'n Daaglikse skoonmaakdiens kan voor aankoms gereël word. Daar is braaigeriewe in die kompleks, 'n groot, omheinde gemeenskaplike swembad, oop tuine en onderdakparkeerplek vir 1 voertuig. Addisionele parkeerplek kan op versoek gereël word. Parkeerplek vir bote is op versoek beskikbaar. Die perseel is heeltemal omhein en daar is toegangsbeheer, en 'n sekuriteitswag wat tussen 18:00 en 06:00 aan diens is. Die kompleks bied direkte toegang tot die strand en getypoel deur die voetgangerhek. Ander besienswaardighede en doendinge soos rotspoelvisvang, die skibootklub, flieks, en die inkopiesentrum is binne 'n 200 m-radius vanaf die kompleks - so jy hoef nooit in jou kar te klim nie! Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 18124 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Complain
681 R
3 rooms

Dolphin View Bay 5

Margate , South Coast (Ugu)
Dolphin View Bay 5 is ’n selfsorgwoonstel in ’n veilige kompleks in Manaba Beach. Die kompleks is naby Lucienstrand, ’n Blouvlagstrand, en ander besienswaardighede in die omgewing. Dié woonstel bied slaapplek aan 7 gaste en het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n stort en bad. Dié slaapkamer lei na ’n balkon. Die tweede slaapkamer het ’n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het ’n stapelbed en ’n enkelbed. Elke slaapkamer het ’n plafonwaaier. Die tweede badkamer het ’n bad en aparte stort. Die oopplan-kombuis is met ’n yskas, oond en stoof, skottelgoedwasser en wasmasjien toegerus. Daar is ’n aangrensende sitkamer met ’n TV en ’n DStv-koppelpunt. Gaste kan hul eie dekodeerders en slimkaarte saambring. Explora-dekodeerders kan ongelukkig nie gekoppel word nie. Die sitkamer lei na 'n ruim balkon met 'n gasbraai. Die woonstel het ook traliedeure vir veiligheid en daar is veilige parkeerplek in die kompleks. Die kompleks is 4 km van die Hibiscus Mall, Margate hoofstrand en restaurante af. Dit is ook net 'n entjie se ry vanaf ander geriewe in dié deel van die Suidkus af. Available From: 07/02/2019 Furnished Property Reference #: 58755 Agent Details: www.LekkeSlaap.co.za www.LekkeSlaap.co.za 2 Otto Close Westlake Cape Town
Subscribe to email updates on your search:
Margate, House rent
We at Flatfy use cookies to improve quality of your overall browsing experience. By using our services you agree to our use of cookies.Learn more