Des 2020: Meenthuis in Dalsig (2/3 slaapkamers)
Hierdie meenthuise kom omtrent nooit oop nie, want wie hier bly wil aanhou hier bly! Dit is goed gebou met groot vertrekke en wonderlike uitsigte. Jy sien Tafelberg vanuit die een slaapkamer! Die NGKerk is oorkant die pad, so dit is rustig en stil. Daar is n parkie en bergfietsbaan net langs die kerk. Vanaf 1 Des 2020!!! Prys onderhandelbaar... 2 (of 3) slaapkamers (1 en suite met n stort en wasbak) Kantoor (of slaapkamer) Gaste toilet Badkamer met toilet, bad en wasbak Balkon Agterplasie Groot Sit-/Eetkamer Lekker kombuis Elektriese garage Alarm! 180m2 Elektrisiteit en water: R1000-R2000 per maand (hang af van eie gebruik). Lieflike bure en sonnig met wonderlike uitsigte! Goed vir professionele persone, n paartjie of gesinne - maw stil en rustige mense. Naby aan skole, winkels en R44. Beskikbaar vir langtermyn, so jy kan Dalsig jou huis maak :-)